Libiese ambassadeur dalk doodgemartel
2012-02-03 22:57
Tripoli – Libië se voormalige ambassadeur in Frankryk, Omar Brebesh, het 24 uur nadat hy deur 'n gewapende groep gevange geneem is, gesterf, het die Human Rights Watch (HRW) Vrydag gesê.
Die New York-gebaseerde HRW het gesê burgermagte vanaf Tripoli het Brebesh op 19 Januarie gevange geneem.
'n Voorlopige nadoodse ondersoek het getoon dat die oorsaak van sy dood "veelvuldige liggaamsbeserings en gebreekte ribbes" insluit.
'n Verslag wat deur die polisie in Tripoli bekendgemaak is het ook bevind dat Brebesh gesterf het nadat hy gemartel is en 'n onbekende verdagte het reeds erken dat hy hom vermoor het.
Burgermagte, wat bestaan uit rebelle wat teen die voormalige Libiese leier, Muammar Gaddafi, se magte baklei het, word daarvan verdink dat hulle glo gevangenisse martel, waarvan die meeste getroue aanhangers van die voormalige diktator was.
– Volg Nuu24 op Twitter.
- AFP