Libië vra mediese voorraad van Egipte
2011-06-29 16:57
Kaïro - Muammar Gaddafi, leier van Libië, se minister van gesondheid was Woensdag in Egipte om beamptes vir mediese voorraad te vra weens tekortkominge in Libië, het MENA, ‘n amptelike Libiese nuusagentskap, gesê.
Mohammed Hijazi het na Kaïro gegaan terwyl hy op besoek in Tunis, die hoofstad van Tunisië, was. Die besoek gaan glo ‘n paar dae duur.
Hy gaan glo vergader met Egiptiese beamptes “om hulle te vra vir mediese ondersteuning sodat die Tripoliese regering kan voldoen aan die toenemende behoefte aan mediese voorrade,” het MENA gesê.
Hijazi was saam met Ibrahim Sherif, die minister van maatskaplike sake, in Tunisië vir praatjies met internasionale partye oor pogings om ‘n einde aan die konflik in Libië te bring.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP