Libië vra Spanje glo vir skietstilstand
2011-05-26 14:42
Madrid - Spanje het glo ‘n boodskap van Libië se premier ontvang waarin die Libiese regering ‘n skietstilstand vra, het ‘n regeringswoordvoerder Donderdag gesê.
“Ons het ‘n boodskap van die Libiese regering ontvang wat sê dat hulle ‘n ooreenkoms versoek vir ‘n moontlike skietstilstand,” het Jose Luis Rodriguez Zapatero, die premier van Spanje, gesê.
“Natuurlik is almal van ons ten gunste van ‘n skietstilstand in Libië maar daar sal ‘n reeks voorwaardes en sekere politiese omstandighede moet wees.”
Al-Baghdadi al-Mahmoudi, Muammar Gaddafi se premier, het die boodskap na Madrid gestuur, het Zapatero gesê.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP