Libië ondersoek Gaddafi-dood
2011-10-28 09:01
Benghazi – Libië se nuwe regeerders het Donderdag aangekondig dat hulle diegene wat die afgesette kol. Muammar Gaddafi doodgemaak het, gaan vervolg.
Dít ná die wêreldwye verontwaardiging oor die omstandighede rondom Gaddafi se dood.
“Met betrekking tot Gaddafi – ons wag nie op enigiemand om ons te sê nie,” het Abdel Hafiz Ghoga, adjunkvoorsitter van die regerende Nasionale Oorgangsraad (NOR), op ’n mediakonferensie in Benghazi gesê.
“Ons het al ’n ondersoek begin,” het Ghoza gesê. “Ons het ’n verklaring uitgereik waarin ons sê die NOR sal enige vergryp van menseregte ondersoek. Wie ook al verantwoordelik is (vir Gaddafi se dood) sal beoordeel word en ’n regverdige verhoor kry.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Sapa-AFP
- Beeld