Libië kry R10,8 miljard kontant
2011-08-31 22:01
Tripoli – Altesame R10,8 miljard in Libiese banknote is op pad na Tripoli nadat die VN dit vir die sentrale bank van die land beskikbaar gestel het, berig die BBC.
Die Britse lugmag gaan die geld, wat in Brittanje gedruk is en sowat 1,8 miljard Libiese dinars beloop, na Tripoli neem.
Dit is deel van die Libiese bates wat tydens die bewind van Muammar Gaddafi deur die VN bevries is.
Volgens 'n woordvoerder van die Britse regering sal die geld beskikbaar wees om in kitsbanke gelaai te word of deur Libiese banke versprei te word.
Dit sal ook die oorgangsregering in staat stel om openbare amptenare se salarisse te betaal.
-Lees meer hier.
-Volg Nuus24 op Twitter.
Stem
Wat voorspel jy vir pres. Jacob Zuma se besoek aan Libië?
|
Hy gaan min uitrig.
|
59%
59
|
|
Hy gaan Gaddafi oorreed om uit te tree.
|
6%
6
|
|
Hy gaan vir Gaddafi moed inpraat om aan te bly.
|
35%
35
|
Stem
Een van Muammar Gaddafi se seuns is glo in 'n lugaanval gedood. Hoe lank nog voor die Libiese krisis verby is?
|
Die einde is in sig
|
15%
15
|
|
Dit kan nog baie lank duur
|
46%
46
|
|
Ek stel nie in hulle probleme belang nie
|
39%
39
|