Libië: Rebelle dalk skuldig aan oorlogsmisdade

2011-09-13 10:02
Tweets Share Share line Print

Brussels – Die rebelle wat geveg het om Muammar Gaddafi se Libiese regering omver te werp, het onwettig moord gepleeg en mense gemartel, het Amnestie Internasionaal Dinsdag in ‘n verslag gesê.

Die verslag van meer as 100 bladsye is gebaseer op ‘n ondersoek in Libië oor ‘n tydperk van drie maande. Dit het nié die misdade van die rebelle met dié van die Gaddafi-magte vergelyk nie.

Die Gaddafi-magte se misdade was erger en die lys was langer en glo in sekere gevalle gelykstaande aan misdade teenoor die mensdom, luidens die verslag.

Die misdade van die rebelle kan egter ook nie as gering beskou word nie, meen die organisasie.

“Lede en ondersteuners van die opposisie het ook menseregte geskend. In sekere gevalle kom dit neer op oorlogsmisdade hoewel op ‘n kleiner skaal,” het Amnestie in die verslag gesê.

Volgens die verslag het die opposisie-ondersteuners tussen April tot vroeg in Julie “onwettig” talle Gaddafi-lojaliste en veiligheidsbeamptes “gedood.” Nadat die rebelle beheer van die ooste van Libië gekry het, het ondersteuners van die rebelle soldate en verdagte huursoldate “geskiet en gehang.”

Mohammed al-Alagi, die Nasionale Oorgangsraad se minister van justisie, het gesê om die rebelle se aksies as oorlogsmisdade te beskryf, verkeerd is.

“Hulle is nie die weermag nie, hulle is slegs gewone mense,” het al-Alagi gesê.

Hy het erken dat die rebelle foute kon gemaak het, maar hy meen dat dit nie “enigsins as oorlogsmisdade” beskryf kan word nie.

– Volg Nuus24 op Twitter.
 

- Sapa - AP

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Boetie sê... Joe massa moordenaars die paar poelismanne Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.5 TD SLE D-Cab 4x4 Dsl PU
2006
R 223,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2005
R 94,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2005
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.