Libië: 718 burgers dood in Navo-aanvalle

2011-06-01 11:18
Tweets Share Share line Print

Tripoli - Libië het Dinsdag Navo daarvan beskuldig dat hulle 718 burgers vermoor en 4 067 beseer het in tien weke van lugaanvalle op Muammar Gaddafi se regime.

Intussen het pogings om die krisis op te los deur die Afrika Unie tot ‘n stilstand gekom en is Italië van mening dat Muammar Gaddafi se regering “verby” is.

Die dodetal en hoeveelheid beseerdes is tydens ‘n mediakonferensie in Tripoli deur Mussa Ibrahim, die regeringswoordvoerder, bekend gemaak. Hy het ook gewaarsku dat sou Gaddafi die land verlaat, dit die ergste ding kan wees wat met Libië gebeur.

“Vanaf 19 Maart tot 26 Mei was daar reeds 718 martelaars onder burgerlikes en 4 067 is beseer, waarvan 433 baie ernstige gevalle is,” het Ibrahim gesê. Die getalle kon egter nog nie bevestig word nie.

Hy het gesê die getalle sluit nie Libiese militêre gevalle in nie. Die departement van verdediging wou egter ook nie bekend maak hoeveel militêre beamptes reeds in dié oorlog dood is nie.

“As Gaddafi moet gaan, sal sekuriteit in die land verdwyn,” het Ibrahim gesê. Hy het gesê dit is buite die kwessie dat Gaddafi uittree.

“Gaddafi se uittrede sal ernstige gevolge vir Libië inhou,” en hy het ook gewaarsku teen ‘n burgeroorlog.

Ibrahim het ontken dat Jacob Zuma, die Suid-Afrikaanse president, Maandag in Tripoli ‘n “uitgangsplan” met Gaddafi bespreek het.

“Zuma het nooit enige uitgangsplanne met hom bespreek soos in die media beskryf is nie,” het hy gesê.

In ‘n verklaring van die Suid-Afrikaanse presidensie in Pretoria is daar gesê dat Gaddafi Libië nie gaan verlaat nie ondanks stygende internasionale druk en intenser Navo-aanvalle op sy regime.

- Volg Nuus24 op Twitter.
 

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  libië  |  oorlog

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Boetie sê... Joe massa moordenaars die paar poelismanne Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.5 TD SLE D-Cab 4x4 Dsl PU
2006
R 223,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2005
R 94,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2005
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.