Libië: 10 000 gevangenes vry, 50 000 vermis
2011-08-28 18:00
Benghazi – Meer as 10 000 gevangenes is sedert die val van Tripoli uit Muammar Gaddafi se tronke vrygelaat, maar byna 50 000 word steeds vermis, het die rebelle se militêre woordvoerder Sondag gesê.
“Die hoeveelheid mense wat oor die afgelope maande in hegtenis geneem is, word geskat op tussen 57 000 en 60 000,” het kol. Ahmed Omar Bani in die oostelike stad Benghazi by ‘n mediakonferensie gesê.
“Tussen 10 000 en 11 000 gevangenes is tot dusver vrygelaat... so waar is die res?” het hy gevra.
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP