Liberiese huursoldate vir die Ivoorkus gevang
2011-06-09 20:59
Monrovia - Die Liberiese owerhede het Woensdag tien Liberiërs in hegtenis geneem omdat hulle glo huursoldate was tydens die naverkiesingskrisis in die Ivoorkus.
Luidens ‘n hofdokument moet ‘n verhoordatum nog vasgestel word.
Twee weke gelede het sekuriteitbeamptes aangekondig dat 12 mense in hegtenis geneem is, insluitend Liberiërs, wat na bewering opgetree het as huursoldate vir Laurent Gbagbo, die voormalige president van die Ivoorkus.
Die Verenigde Nasies en Human Rights Watch het die teenwoordigheid aangemeld van Engelssprekende Liberiese huursoldate in die Ivoorkus, waar woeste gevegte uitgebreek het toe Gbagbo geweier het om 'n verkiesingsnederlaag in November te aanvaar.
Gbagbo is in April in hegtenis geneem en Alassane Ouattara, sy mededinger, is die afgelope maand as president ingehuldig.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP