Lasbrief vir Gaddafi se inhegtenisname uitgereik
2011-06-27 13:50
Den Haag – Die internasionale strafhof het Maandag besluit om ‘n lasbrief vir die Libiese leier Muammar Gaddafi en twee van sy medewerkers se inhegtenisname uit te reik.
Die hof het beslis dat daar genoeg bewyse is om die versoek vir die lasbrief deur die hof se hoof-aanklaer toe te staan.
Luis Moreno-Ocampo, die aanklaer, het aangevoer hy het genoeg bewyse wat Gaddafi en twee medewerkers verbind met “wydverspreide en stelselmatige” aanvalle op burgers as deel van hulle poging om mag te behou.
Volgens Moreno-Ocampo het hy bewyse wat Gaddafi, sy seun Saif-al-Islam en sy swaer Abdullah al-Sanussi verbind met misdade teen die mensdom in hul poging om die maand lange opstand tot ‘n einde te bring.
Saif al-Islam is ‘n adviseur vir sy pa, terwyl al-Sanussi Gaddafi se hoof van intelligensie is.
– Lees meer by CNN
– Volg Nuus24 op Twitter