Landmyn eis vier VN-soldate op Soedanse grens
2011-08-02 23:07
New York – Die Verenigde Nasies het Dinsdag bekendgemaak ‘n landmyn het die lewens van vier vredesbewaarders van Ethiopië op die grens van Soedan en Suid-Soedan geëis.
Martin Nesirky, ‘n woordvoerder van die VN, het gesê sekretaris-generaal Ban Ki-moon het sy simpatie met die slagoffers se familie en die Ethiopiese regering uitgespreek.
Vredesbewaarders aan diens in die Abyei-grensgebied, waar die voorval plaasgevind het, is meestal van Ethiopië afkomsitg.
Die VN het 4 000 vredesbewaarders na Abyei ontplooi om orde en sekerheid te in die gebied te verseker.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA