Kragbedrog in Windhoek ontbloot
2011-08-02 13:10
Windhoek – Verdoemende tekens van bedrog het Vrydag in die hooggeregshof teen die Namibiese hoofstad se uitgeskopte koopkrag-middelman ontvou, berig die Republikein.
Volgens hofstukke is Windhoekers se kraggeld blykbaar onder meer vir ’n boerdery gebruik, asook om persoonlike skuld te vereffen en Namibia Electronic Payment Terminals (NEPT) se salarisse te betaal.
Nuwe inbetalings vir koopkrag is gebruik om agterstallige oorbetalings in te haal waarvan die kontant vroeër verduister is. Windhoek se munisipaliteit het reeds op 22 Julie formeel aanklagte van bedrog en diefstal teen NEPT gelê, wat al vir agt jaar inwoners se koopkraggeld aan die plaaslike owerheid oorbetaal.
’n Omvattende forensiese oudit sal nou moet vasstel presies hoeveel miljoene dollar dalk verduister is.
– Lees die volledige artikel by die Republikein.
– Volg Nuus24 op Twitter.