Kongo en Benin staan saam teen kinderhandel
2011-09-20 21:58
Pointe Noire – Benin en die Kongo het ‘n ooreenkoms aangegaan
om kinderhandel tussen dié twee lande tot ‘n einde te bring.
“Die ooreenkoms vul ‘n leemte in die wet, met
die gevolg dat beide lande hul verpligtinge sal nakom.
“Ons kan nou meer doeltreffend optree om
kinderhandel te bekamp,” het Emilienne Raoul, die Kongolese minister van
maatskaplike kwessies, gesê.
Volgens ‘n plaaslike menseregtegroep is daar
sowat 1 800 kinders in slawerny in die Kongo wat uit Benin ontvoer is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP