Kondome van die rakke af
2009-08-03 14:54
Zambië- Twee tipes kondome is in Zambië van die rakke afgehaal nadat daar gevind is dat die kondome gate in het.
Die “Evolution” en “Hot” kondome is van die mark gehaal nadat daar gevind is dat hulle van swak kwaliteit is.
Elektroniese toetse is oor ‘n sekere tydperk gedoen om die kondome te toets.
Sowat 59 bokse van “Hot” en 59 van “Evolution” is getoets en het nie aan standaarde voldoen.
Verbruikers word gewaarsku om versigtig te wees wanneer hulle van dié tipes kondome gebruik maak.
–Sapa