Kommer oor vasgekeerde burgers in Sirte
2011-10-05 23:03
Tripoli – Daar is vermoedelik talle burgers wat in
die oorlog-geteisterde stad Sirte vasgekeer is omdat hulle nie petrol vir hul
voertuie het nie, berig Sky News.
Muammar Gaddafi se geboortedorp is al vir dae
lank sonder enige elektrisiteit of skoon water.
Mediese voorraad is ook besig om stadig maar
seker op te raak.
Intussen is daar ‘n konstante stroom mense,
meestal vroue en kinders, wat uit die stad vlug.
Hulle sê hul huise word gebombardeer en dat
burgers deur die rebellemagte doodgemaak word.
“Ons probeer nie burgers tref nie, maar jy
weet, dit is ‘n oorlog hierdie,” het 'n vegter van die rebellemagte, Ahmad Ibrahim, gesê.
Kliek hier vir die volledige storie.
Volg Nuus24 op Twitter.