Kommer oor DRK-eleksie

2011-11-28 07:00
Tweets Share Share line Print

Kinshasa. – Internasionale organisasies het ’n beroep om kalmte gedoen op die vooraand van die presidentsverkiesing in die Demokratiese Republiek van die Kongo.

In die aanloop tot die verkiesing het dodelike straatgevegte in dié mineraalproduserende land plaasgevind en is voorbereidings vertraag.

Daar is kommer oor of dié Sentraal-Afrika-land gereed is vir sy tweede ná-oorlogse presidentsverkiesing en oor die uitwerking wat ’n bestrede uitkoms kan hê op pogings om land te stabiliseer.

Die Europese Unie en die Verenigde Nasies het ’n beroep om beheerstheid gedoen nadat minstens drie mense eergister, op die laaste dag van verkiesingsveldtog, gesterf het en die hoofteenstander gesê het hy sou gister ’n byeenkoms hou ondanks ’n verbod op politieke byeenkomste op die dag voor die stemming.

“Die veiligheidsmagte moet hulle weerhou van enige optrede wat spanning kan vererger en moeilikheid kan veroorsaak voor die verkiesing,” het Mounoubai Madnodje, woordvoerder van die VN-vredesmissie, gesê.

Verkiesingsbeamptes in die DRK het geskarrel om die laaste stembriewe betyds by stempunte te kry ná vertragings in alle stadiums van die proses.

Die hoof van die verkiesingsliggaam het egter gesê hy verwag dat die verkiesing soos beplan sal voortgaan.

“Ons wil die versekering gee dat 99% van dinge volmaak werk; ons verbind ons daartoe,” het Daniel Ngoy Mulunda, hoof van die verkiesingskommissie, Sondag op ’n mediakonferensie in Kinshasa gesê.

Die EU-waarnemersmissie het die polisie daarvan beskuldig dat hulle Etienne Tshisekedi, hoofteenstander van pres. Joseph Kabila, sy reg op ’n veldtog in die hoofstad ontneem nadat veiligheidsmagte sy pad eergister op die lughawe versper het.

Die polisie het byeenkomste vroeër verbied nadat geweld eergister in Kinshasa uitgebreek het.

Die bevestigde dodetal ná die geweld het tot drie gestyg, is berig.

– Volg Nuus24 op Twitter

- Reuters

Lees meer oor: drk  |  verkiesings

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Nuutste Nuus-kommentaar

Boetie sê... Joe massa moordenaars die paar poelismanne Lees die storie...

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

MAZDA

Drifter 2.5 TD SLE D-Cab 4x4 Dsl PU
2006
R 223,995.00

VOLKSWAGEN

Polo Classic 1.6 S
2005
R 94,995.00

VOLKSWAGEN

Polo 1.6 Comfortline 5-dr
2005
R 89,995.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.