Koerant: Maak dié 100 gays dood
2010-10-21 12:43
Kampala - Gay mans in Uganda vrees vir hul lewens ná 'n koerant 'n lys van 100 gay mans gepubliseer het en mense aanhits om hulle dood te maak.
Sedert dié berig gepubliseer is, is minstens vier gay Ugandese mans wie se name op die lys verskyn, aangeval.
Talle ander kruip nou weg, het Julian Onziema, 'n aktivis, gesê.
'n Wetgewer in dié konserwatiewe Afrikaland het verlede jaar 'n wetsontwerp oor homoseksualiteit ingedien.
Ingevolge dié wet kan die doodstraf opgelê word vir sommige homoseksuele dade en tronkstraf vir ander.
Ná internasionale oproer is dié wetsontwerp stil-stil verwyder.
Gays in Uganda sê egter hulle is sedert die voorstel van die wetsontwerp geteister en aangeval.
Lees meer hier
Volg Nuus24 op Twitter