Kinders brand dood terwyl ouers sokker kyk
2010-06-16 02:00
Kampala – Volgens die polisie het twee kinders in Uganda doodgebrand terwyl hul ouers êrens ‘n Wêreldbeker sokkerwedstryd gekyk het.
Die polisie het ouers gewaarsku daarteen om kinders alleen by die huis te los.
Volgens Henry Kolyanga, ‘n polisieman van Kuyanga, het die agt- en tien-jarige kinders in hul ouerhuis doodgebrand.
Hul ouers het skynbaar ‘n kers laat brand, terwyl hulle na ‘n winkel toe gegaan het om die sokker te kyk.
“Terwyl die ouers weg was, het ‘n rot waarskynlik die kers omgestamp,” het die polisie gesê.
“Die tafeldoek het vlam gevat en so het die vuur buite beheer deur die huis versprei.”
Volg Nuus24 op Twitter.