Kenyatta getuig in Internasionale Strafhof
2011-09-21 14:39
Den Haag – Kenia se adjunk-president sal in die Internasionale Strafhof getuig,
waar hy en twee ander teregstaan op aanklagte van misdade teen die mensdom, berig die BBC.
Die regters sal beslis of Uhuru Kenyatta vervolg kan word vir
die geweld waarin 1 200 mense ná die land se verkiesing in 2007 dood is.
Die voormalige polisiehoof, Hussein Ali, en die hoof van die
publieke diens, Francis Muthaura, ontken skuld op dié aanklagte.
Drie ander Keniane is ook vir die geweld aangekla.
– Volg Nuus24 op Twitter.
– Lees meer hier.
– BBC