Keniaanse president se aftrede wink
2011-10-12 14:08
Nairobi- Die Keniaanse president, Emilio Mwai Kibaki, se uittrede aan die einde van volgende jaar, het verskeie nuwe politieke ontwikkelinge in dié Oos-Afrika-land teweeggebring.
Die respekteerde ekonoom het die politieke arena in 1963 as die uitvoerende bestuurder van Kenia se nasionale Afrika unie betree, voordat hy "steelsgewys" en versigtig sy pad na bo uitgeklim het.
Hy het 'n beroep op sy opvolgers gedoen om altyd die belange van die land bo dié van die stam te plaas.
Kibaki het leiers versoek om hulself van haat en moord en doodslag te weerhou.
Onder die moontlike opvolgers is die premier, Raila Odinga, die adjunkpresident, Kalonzo Musyoka, en Uhuru Kenyatta, adjunkpremier en die minister van finansies, Uhuru Kenyatta.
– Lees meer hier
– Volg Nuus24 op Twitter