Kenia se minister van finansies bedank
2012-01-26 18:54
Kenia – Uhuru Kenyatta, Kenia se minister van finansies, het bedank ná die Internasionale Strafhof in Den Haag beslis het dat hy tereg moet staan op aanklagte vir sy beweerde betrokkenheid in die geweld na die verkiesing in 2007.
Francis Muthaura, die hoof van die staatsdiens en een van die mees invloedryke mense in pres. Mwai Kibaki se binnekring, het weens dieselfde rede bedank.
Aktiviste het die hof genader om te keer dat Kenyatta 'n presidentskandidaat in aanstaande jaar se verkiesing is.
Hy is die seun van een van Kenia se onafhanklikheidsleiers, Jomo Kenyatta.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.