Kenia geblameer vir Uganda-ontploffings
2010-08-19 11:32
Nairobi – Kenia het vier vermeende terroriste na Uganda gestuur ná die bomontploffings tydens die wêreldbeker-sokkertoernooi, wat teen die wet in Kenia is.
FBI-agente het egter drie van hulle ondervra in ‘n wyse wat die wet in Uganda oortree, het menseregtebeamptes gesê.
Volgens die beamptes het Kenia hul eie uitleweringswet ontwyk deur die veir verdagtes terug te stuur na Uganda waar hulle vir ‘n lang tyd, sonder noukeurige ondersoek, ondervra kan word.
Volgens regter Mbugua Mureithi, wat die families van die verdagtes verteenwoordig, is daar geen pogings deur die regering van Kenia aangewend om uitleweringsprosedures te volg nie.
Uganda het ook nie ‘n formele versoek gemaak om die vier verdagtes aan Uganda uit te lewer nie, het hy gesê.
Volgens Mureithi moes die Keniaanse owerhede die verdagtes eerste in Kenia aankla.
‘n Woordvoerder vir die Keniaanse regering het Woensdag gesê dat hy nie enige onmiddellike kommentaar het nie.
Die FBI en Keniaanse polisie het drie van die verdagtes in Uganda ondervra nadat hulle in die hof op 30 Julie beskuldig is. Hierdie het ook hul regte op ‘n regverdige hofsaak onder Uganda se konstitusie oortree.
Volg Nuus24 op Twitter.
- SAPA