Kenia: Tonne goud ingesmokkel
2011-05-12 09:59
Nairobi - Die polisie in Kenia het 'n Kongolese rebelle-leier in hegtenis geneem in verband met 2,5 ton goud wat die land ingesmokkel is.
Hy is vermoedelik die bevelvoerder van die Mai Mai rebelle-groep.
'n Gesamentlike span is in Maart aangestel om die soektog na die onwettige goudbesending te verskerp.
Die stap het gevolg op 'n vergadering in Nairobi tussen president Mwai Kibaki van Kenia en Joseph Kabila van die Demokratiese Republiek van die Kongo.
Hulle het vergader ná weke se vrugtelose soektog na die goud wat sowat R250 miljoen werd is.
Die goud wat na Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate uitgevoer moes word, is in Januarie in die DRK gesteel.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG