Kenia: Gee amnestie aan Gbagbo
2011-04-14 17:03
Nairobi - Raila Odinga, die eerste minister van Kenia, wat een van die sleuteronderhandellaars in die politieke krisis in die Ivoorkus was, het aanbeveel dat Laurent Gbagbo, die voormalige president van die Ivoorkus, amnestie gegee word.
Odinga se siening is lynreg teen dié van Alassane Ouattara, die huidige president van die Ivoorkus, wat as wenner uit die magstryd getree het.
Gbagbo is Maandag gevange geneem en Ouattara wil nasionale en internasionale aanklagte teen Gbagbo lê.
Sy regering is reeds in kontak met die internasionale strafhof en 'n waarheids- en versoeningskommissie word ook beplan om die optrede van albei groepe te ondersoek.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- RSG