Kenia: 800 kinders vlug daagliks van Somalië
2011-06-28 17:03
Nairobi - ‘n Internasionale steungroep het gesê dat meer as 800 Somaliese kinders daagliks na Keniaanse vlugtelingkampe toe gaan om hulle land se erge droogte te ontvlug.
Save the Chrildren het gesê die kinders is deel van die sowat 1 300 mense wat daagliks na die oorvol vlugtelingskampe in Dadaab in die noord-ooste van Kenia gaan.
Sommige families loop vir meer as ‘n maand deur sand en hitte om na kos, water en skuiling te soek, reken die groep.
Sowat 20 000 Somaliese vlugtelinge het in die afgelope twee weke in Kenia aangekom, het die Verenigde Nasies se vlugtelingagentskap gesê. Dit is aansienlik meer as verlede jaar, toe daar tussen 6 000 en 8 000 per maand na Kenia gegaan het.
Volgens Save the Children is die kinders van Somalië uitgeput, ondervoed en erg gedehidreer wanneer hulle in Kenia aankom.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP