Kenia: 25 sterf ná trok oorlaaide minibus tref
2012-02-04 23:00
Nairobi – Vyf-en-twintig mense is in die weste van Kenia dood toe 'n vragmotor teen 'n minibus-taxi gebots het, het 'n beampte van die Rooikruis gesê.
Rooikruis-woordvoerder Fredrick Gori het gesê die ongeluk het Vrydagaand in Kisumu stad plaasgevind toe 'n vragmotor teen 'n 14-sitplek minibus, wat oorlaai was, gebots het.
Hy het gesê die oorsaak van die ongeluk is steeds nie duidelik nie, maar dat al die insittendes wat in die minibus én vragmotor was dood is.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP