Kartoem verskerp aanvalle
2011-06-14 17:39
Kartoem - Kartoem het lugaanvalle in Suid Kordofan op die suidelike grens van Soedan opgeskerp en sodoende “erge swaarkry” vir die burgerlikes veroorsaak, het die Verenigde Nasies gesê.
“Ons is vreeslik bekommerd oor die bomaanval-veldtog wat erge swaarkry vir die burgerlikes veroorsaak. Humanitêre hulp word ook in gevaar gestel,” het Kouider Zerrouk, ‘n woordvoerder vir die VN-sending in Soedan, gesê.
“Die intensiewe bomaanvalle deur die SAF-magte van die noorde in die afgelope week gaan voort in Kadugli en Kauda. Vegvliegtuie het Dinsdagoggend elf bomme laat val. Hulle het moontlik ‘n vliegveld geteiken,” het Zerrouk gesê.
Twee van die bomme het baie naby aan die VN-sending se skuiling geval wat sowat 150 m van die vliegveld af is.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP