Kaïro: Betogers wil vroeër stem
2012-02-06 13:01
Kaïro – Betogers wat 'n vroeër presidensiële verkiesing sowel as 'n vroeër oorhandiging van mag deur die weermag eis, het die polisie, wat wag hou voor die Egiptiese ministerie van binnelandse sake, Sondag met klippe bestook en is met traangas uiteen gejaag.
Dit was die vierde dag van botsings buite die ministerie wat reeds die lewens van sewe mense geëis het.
Betogers verdink die ministerie daarvan dat hulle daarin gefaal het om verlede week se sterftes van 74 mense tydens 'n sokkerwedstryd in Port Said te verhoed.
Vyf ander mense het in Suez gesterf.
Sommige betogers glo dat oorblyfsels van die regering van die uitgewerkte pres. Hosni Mubarak agter die geweld is wat verlede Woensdag tot 'n vertrapping gelei het en sien dit as deel van 'n komplot om chaos te veroorsaak om weer hul invloed te verklaar.
Politieke figure en 'n burgerlike raadgewende liggaam van die weermag het voorgestel dat die presidensiële verkiesing in April of Mei moet plaasvind en nie in Junie nie.
Die weermag, wat beheer oorgeneem het nadat Mubarak uitgewerk is, het belowe om hul mag na die verkiesing in Junie te oorhandig.
– Kliek hier om die volledige storie te lees.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters