Kaïro: Betogers steeds op straat
2012-02-03 11:05
Kaïro – Duisende betogers is steeds op straat in Kaïro, Egipte uit protes teen botsings met die polisie.
Twee mense is deur die polisie doodgeskiet en meer as 400 is beseer in onrus in die stad Suez, waar betogers woedend is oor die polisie se hantering van die sokkerstormloop Woensdagaand in Port Said.
Altesaam 74 mense is dood en honderde is beseer toe chaos uitgebreek het ná 'n ligawedstryd tussen Al-Masry en Al-Ahly van Kaïro.
– RSG.
– Volg Nuus24 op Twitter.