Jolie agter Libiese vlugtelinge
2011-04-07 14:07
Tunis - Angelina Jolie moedig die wêreld aan om aan te hou om Tunisië te help met sy vlugtelingskrisis terwyl al hoe meer Libiërs soontoe gaan in ‘n poging om die geweld in hulle eie land te ontvlug.
Jolie, wat ‘n ambassadeur vir die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge (UNHCR) is, het Tunisië toegejuig vir die manier wat hulle die probleem oplos. Sy het Tunisië se minister van buitelandse sake Woensdag tydens ‘n twee dag besoek aan die land ontmoet.
Jolie het ook gesê dat sy dié land ten volle ondersteun.
Sy het Dinsdag die grens tussen Tunisië en Libië besoek.
Die UNHCR het gesê meer as 400 000 mense het binne die afgelope maand uit Libië gevlug om van die gevegte tussen die rebelle en Muammar Gaddafi, die Libiese leier, se magte te ontsnap.
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AP