Joernalis na 2 maande vrygelaat
2009-10-27 15:47
Niamey – Die appèlhof in Niger het Maandag ‘n onmiddellike verklaring uitgestuur waarin hulle aangedring het dat die redakteur van ‘n satiriese koerant dadelik uit aanhouding vrygelaat moet word.
Abdoulaye Tiemogo, die redakteur van die weekblad Le Canard Dechaine, is sedert die middel van Augustus in die tronk.
“Tiemogo was reeds twee maande in die tronk en kan dadelik vrygelaat word,” het Boubar Diallo, die voorsitter van die redakteursraad in Niger (Anepi), gesê.
Hy is in hegtenis geneem nadat hy kommentaar gelewer oor die lasbrief wat teen die voormalige eersteminister, Hama Amadou, uitgereik is na klagtes van bedrog.
– Sapa