Jeugdiges brand kerk af, verwoes kroeg
2011-06-26 22:04
Dakar – Ooggetuies sê honderde Moslem-jeugdiges het ‘n kerk in ‘n buurt in die noorde van Dakar, hoofstad van Senegal, afgebrand.
Mama Faye (24), sê sy en honderde andere het Sondag ‘n diens by die Jehova se Getuies-kerk in die buitewyke van die Roff-buurt onderbreek en chaos gesaai. Sy sê nadat kerkgangers die gebou verlaat het, het hulle dit afgebrand. Sy sê ook hulle het ‘n nabygeleë kroeg verwoes.
Volgens Faye het die onlustepolisie opgedaag en was in botsings met die oproeriges in die straat betrokke.
Volgens ‘n dokter by ‘n plaaslike hospitaal is minstens 37 mense beseer in die botsings.
Volgens Theirno Mbeugne, woordvoerder vir ‘n plaaslike imam-vereniging, het die hoof-imam die jeugdiges gevra om ‘n optog te hou. Volgens hom het die imams nie die verwoesting goedgekeur nie, “maar hulle dink dat die jeugdiges goeie rede daarvoor gehad het.”
- Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP