Ivoorkus kondig nuwe kabinet aan
2011-06-02 11:48
Abidjan - Die Ivoorkus het Woensdag ‘n nuwe kabinet aangekondig in ‘n verdere poging om die land weer te stabiliseer na ‘n vyf maande lange geveg oor die presidensiële verkiesing wat in erge geweld verval het.
Die 36 ministers sluit niemand uit die voormalige president, Laurent Gbagbo, se party in nie.
Die voormalige president het geweier om mag oor te gee nadat hy die verkiesing verloor het.
Premier Guillaume Soro, wat ook die minister van verdediging is, sal aan die hoof staan van dié nuwe kabinet, het Amadou Gon Coulibaly, die regeringswoordvoerder, gesê.
Die kabinet sluit in 14 lede van president Alassane Ouattara se RDR-party en agt lede van die PDCI-RDA, die voormalige president, Henri Konan Bedie, se party.
Die FNCI-party, wat eens ‘n rebelle-party was, het vyf lede in die kabinet.
Die oorblywende portefeuljes word deur kleiner partye beklee.
- Volg Nuus24 op Twitter.