Ivoorkus: betogings ruk hoofstad

2010-12-16 22:42
Tweets Share Share line Print

Abidjan - Geweervuur en ontploffings het die de-facto hoofstad van die Ivoorkus, Abidjan, geruk terwyl Laurent Gbagbo weier om Alassane Ouattara as dié land se nuwe president te erken.

Vier mense het Donderdag gesterf en daar bestaan nou vrese dat dié geweld in ‘n burgeroorlog kan ontaard.

Hoewel die dodetal wat deur ‘n senior opposisie lid Amadou Coulibaly as 18 gegee is, nie bevestig kon word nie, het ‘n joernalis van AP gesê hy het ten minste drie lyke in een woonbuurt gesien.

Die bloedvergieting is deel van ‘n gewaagde poging deur Ouattara om beheer oor staatsinstansies te kry.

Ontpoffings kon naby die Golf Hotel, wat deur die Verenigde Nasies (VN) bewaak word en van waar Ouattara poog om te regeer, gehoor word. Terselfdertyd regeer Gbagbo vanuit sy presidensiële paleis.

Ouattara beplan Vrydag ‘n tweede optog om regeringsgeboue oor te neem en ‘n kabinetsvergadering te reël.

“Die volgende twee dae gaan baie dinge bepaal. Dit is alles of niks,” het Jean-Claude N’dri, ‘n verkoopsman in die Treichville woonbuurt gesê.

Quattara, wie se verkiesing as president deur die VN, Amerika, Frankryk én Afrika Unie erken word, het sy ondersteuners gevra om hom te help om beheer oor die land se staatsinstansies te kry.

- Volg Nuus24 op Twitter.





Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

BMW

X5 3.0d Dsl AT 4x4
2005
R 365,995.00

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.