Ivoorkus: 150 Gbagbo-ondersteuners vermoor
2011-06-03 10:38
Abidjan - Sowat 150 ondersteuners van die Ivoorkus se vorige president, Laurent Gbagbo, is in Abidjan deur magte lojaal aan Alassane Ouattara vermoor sedert middel April, het die menseregtewaghond Human Rights Watch (HRW) gesê.
HRW het Ouattara se magte van moord, mishandeling en intimidasie beskuldig.
“Die hoop vir ‘n nuwe era ná president Ouattara se inhuldiging sal vinnig vervaag tensy hierdie aaklige dade teenoor Gbagbo-groepe onmiddellik end kry,” het Corinne Dufka van die HRW gesê.
“Die president het al menigmaal beloftes van geloofwaardige, onpartydige ondersoeke en vervolging gemaak. Dit is nou die tyd om daardie beloftes na te kom.”
- Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP