Isrealse ambassade in Egipte aangeval
2011-09-10 12:28
Jerusalem – ‘n Senior Israelse amptenaar het gesê die aanvalle op sy land se ambassade in Egipte is ‘n “groot oortreding” van diplomatiese norme en ‘n “terugslag vir vreedsame verhoudinge” tussen die twee lande.
Teen Saterdagoggend het al die werkers van die ambassade behalwe vir die adjunk-ambassadeur Egipte verlaat, het die amptenaar gesê.
Hulle het die land verlaat ná ‘n aand van geweld waartydens ‘n groep by die Israeliese ambassade in Kaïro ingebreek het nadat hulle ‘n sement-versperring wat om die gebou was afgebreek het.
Volgens die beampte was ses Israeli’s binne die ambassade vasgekeer, maar hulle is later ontruim.
Die beampte het op die voorwaarde van anonimiteit gepraat as gevolg van die sensitiwiteit van die kwessie.
– Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP