Islamitiese leier in Nigerië gedood
2009-07-31 10:09
Maiduguri, Nigerië - Weermagtroepe in Nigerië het ‘n leier van die radikale Islamiete wat tydens onlangse onruste gevangenis geneem is, doodgeskiet.
Mohammed Yusuf is gevang toe troepe op Militante van die Radikale Islamiete, wat in ‘n moskee in Nigerië vergader het, toegesak het.
Volgens ‘n senior polisiebeampte is Yusuf, wat deel is van ‘n Taliban-sekte, Donderdag doodgeskiet toe hy probeer ontsnap het.
Oorlog teen radikale Islamitiese groepe in dié land het reeds honderde mense dood gelaat.
- Sapa