Iran reik uit na Soedan
2011-09-27 11:47
Kartoem – Iran wil ekonomiese ondersteuning aan Soedan gee en die land help om sy infrastruktuur te verbeter, het Mahmoud Ahmadinejad, die president van Iran, tydens ‘n besoek aan Kartoem gesê.
Iran is ‘n groot ondersteuner van Omar Hassan al-Bashir, die president van Soedan. Al-Bashir is deur die internasionale strafhof van vermeende oorlogsmisdade tydens die Darfoer-konflik aangekla.
Soedan word deur die Weste vermy weens Amerikaanse sanksies en het ‘n groot deel van sy olie-rykdom verloor nadat Suid-Soedan onafhanklikheid gewerf het, daarom is die land gretig om op sy verhouding met Iran te bou.
“Ons wil ons bande met Soedan versterk,” het Ahmadinejad ná ‘n vergadering met Bashir gesê.
“Soedan en Iran sal saamstaan om die Islamitiese entiteit te beskerm.”
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Reuters