Indië en Pakistan vergader in Egipte
2009-07-16 12:00
Sharm el-Sheikh, Egipte- Die premiers van Indië en Pakistan het Donderdag tydens ‘n kongres in vergader. Daar word gehoop dat vredegesprekke tussen die twee kernkrag-vyande hervat kan word.
Yousuf Raza Gilani van Pakistan en Manmohan Singh van Indië het by die Rooi-see oord van Sharm el-Sheikh vergader.
Indië en Pakistan se verhouding het verswak ná verlede jaar se bomaanvalle op die Indiese hoofstad Moemba. die aanval is op die Pakistani strydlustige Lashkar-e-Taiba-groep (LeT) geblameer. 166 Mense is tydens die aanvalle oorlede.
Die kongres is die tweede vergadering tussen die twee lande sedert die bomaanvalle.
Singh het gesê hy hoop Pakistan sal aksie neem teen die wat verantwoordelik was vir die bomaanvalle, terwyl Pakistan Woensdag optimisme oor sy verhouding met Indië uitgespreek het.
“Daar was vorderinge in ons verhouding met Indië. Ons hoop om hierdie vorderinge voort te sit (...) en glo daar kan volhoudende vrede in Suid-Asie wees,” het Gilani aan kongreslede gesê
- Sapa