ISH-aanklaer na Tripoli vir Saif
2011-11-22 16:37
Tripoli – Die hoofaanklaer van die internasionale strafhof (ISH) word Dinsdag in Libië verwag sodat daar oor die verhoor van Muammar Gaddafi se seun, Saif al-Islam, en sy voormalige intelligensiehoof vergader kan word.
Luis Moreno-Ocampo het glo uit Kaïro, waar hy laat Maandagnag aangekom het, na Libië vertrek, het beamptes by die lughawe in Kaïro gesê.
Die besoek kom nadat Libië se tussentydse regering daarop aangedring het dat Saif en Abdullah al-Senussi, die voormalige intelligensiehoof, in Libië verhoor word.
Die twee mans is Saterdag in die suide van die land in hegtenis geneem.
Saif, Gaddafi en Senussi is vroeër die jaar deur die ISH van misdade teenoor die mensdom aangekla.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa-DPA