IMF-indeling weer in Angola
2009-08-08 13:10
Washington – Die Internasionale Monetêre Fonds-indeling (IMF) het aangekondig dat hy in September na Angola sal terugkeer om ‘n ekonomiese hulpverleningsprogram te onderhandel.
“Aan die einde van besprekings het IMF-personeel en owerhede besluit om in September 2009 na Luanda terug te keer. Dié besoek sal Luanda help om die wêreldwye ekonomiese krisis af te weer,” het Lamin Leigh, IMF-indelingshoof vir Angola, Vrydag in ‘n verklaring gesê.
Leigh het vandeesweek ‘n besoek aan Luanda afgelê om die stand van Angola se ekonomie in die huidige ekonomiese klimaat te bekyk.
– AFP