Huursoldate van SA ‘help Gaddafi se familie vlug’

2011-08-26 08:06
Tweets Share Share line Print

Pretoria – Minstens vyf Suid-Afrikaners was glo deel van ’n span huursoldate wat moes help om die gesin van kol. Muammar Gaddafi die laaste paar weke te beskerm.

Dié span het glo ook gehelp dat van sy familielede – onder wie moontlik sy vrou en sy dogter Aisha – uit die land kon ontsnap voordat die toevoerroetes na Tripoli verlede naweek deur opposisievegters afgesluit is.

Hulle het na verneem word ’n reuse-bedrag geld saam met hulle geneem en is glo na Tunisië geneem, van waar hulle per vliegtuig na ’n onbekende buitelandse bestemming sou gaan.

Dít is wat ’n ingeligte na aan die Suid-Afrikaanse groep Donderdag teenoor Die Burger beweer het.

Volgens hom is dié groep juis vir ’n “kort maar potensieel gevaarlike” kontrak gewerf. Almal van hulle is bewese veiligheidspesialiste met behoorlike militêre agtergrond. Hulle is nie een meer in Libië nie en dié wat die familielede help uitsmokkel het, het ná die suksesvolle uitvoering van die opdrag teruggekeer huis toe.

Volgens die bron het ’n frontmaatskappy in die buiteland die werwing van die span behartig. Dit is onbekend of dit met die stille goedkeuring van enige Afrika-regerings plaasgevind het.

Afgesien van dié groep was daar ook verskeie ander buitelanders, onder wie Suid-Afrikaners, wat die regeringsoldate teen die opposisiemagte help baklei het.

Luidens ’n onderhoud in die nuustydskrif Time dié week met ’n Kroatiese huursoldaat was heelparty van die gehuurde hande uit die voormalige Joego-Slawië en Bosnië en hul voetsoldate van Libië, Tsjad en ander Afrika-lande.

Volgens die huursoldaat was dissipline die grootste probleem onder die soldate, terwyl die militêre leiers hulle aan dwelms, drank en prostitute oorgegee het.

Dié leiers het glo vir die plesier mense doodgeskiet of hulle gedwing om Russiese roulette te speel terwyl hulle weddenskappe aangegaan het oor die uitkoms.

Hy het gesê toe hy opmerk dat “Gaddafi se Suid-Afrikaanse huursoldate hulle uit die voete begin maak”, het hy en ’n kameraad Tunisië toe gevlug.

– Volg Nuus24 op Twitter.

 

- Die Burger

Lees meer oor: muammar gaddafi  |  tripoli  |  libië  |  oorlog  |  rebelle

Lewer kommentaar op hierdie artikel
29 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

BMW

X5 3.0d Dsl AT 4x4
2005
R 365,995.00

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.