Humanitêre krisis in Suid-Soedan, sê minister
2010-08-20 04:19
Juba – Suid-Soedan moet hulself voorberei vir ‘n “regte krisis,” het die suide se humanitêre minister Donderdag gewaarsku.
Die Verenigde Nasies (VN) en agentskappe wat noodvoorraad skenk moet gereed wees om ‘n massiewe verplasing van mense in die suide te hanteer, het James Kok Ruea, Juba se minister van humanitêre sake en rampbestuur, gesê.
“Die behoeftes sal enorm wees, so ons gaan julle ondersteuning benodig,” het Ruea gesê. Hy het howe van die VN aangespreek asook internasionale agentskappe wat hulpvoorraad skenk.
“Ons moet gereed wees en ons moet planne hê.”
Suid-Soedan sal na verwagting in Januarie 2011 stem oor ‘n referendum wat dié gebied die geleentheid sal bied om te kies of hulle onafhanklik wil wees of deel van ‘n verenigde Soedan wil bly.
Suid-Soedan is steeds besig om te herstel van dekades se oorlog teen die noorde.
Sowat twee miljoen mense is dood weens dié konflik wat aangehits is deur godsdiens, etnisiteit, ideologie en hulpbronne, insluitend olie.
Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP