'Hulle wil my doodmaak' – Mubarak
2012-06-12 15:10
Egipte – Die voormalige Egiptiese leier Hosni Mubarak het gesê Egiptiese owerhede wil hom in die tronk doodmaak terwyl sy gesondheid besig is om agteruit te gaan, het sy prokureur Maandag aan AFP gesê.
Mubarak is verlede week tot lewenslange tronkstraf gevonnis is vir sy aandeel in die dood van Egiptiese betogers in 2011.
Sy gesondheid het sedert sy vonnisoplegging agteruitgegaan met hoë bloeddruk, asemhalingsprobleme en 'n onreëlmatige hartklop.
"Sy toestand is baie kritiek. Ek doen 'n beroep aan alle wêreldleiers en nie-regeringsorganisasies om Mubarak te red," het Farid al-Deeb, sy prokureur, gesê.
'n Bron van die ministerie van binnelandse sake het aan AFP gesê Mubarak se toestand is "kritiek maar stabiel", met beamptes wat nog besluit of hulle hom na 'n militêre hospitaal in die hoofstad moet skuif.
Mubarak word tans in 'n intensiewe sorgeenheid van Kaïro se Tora-tronk aangehou.
Mubarak se twee seuns, Gamal en Alaa, wat ook in die tronk is, se versoek Maandag aan tronkowerhede om nader aan hul pa geskuif te word is intussen goedgekeur.
Die broers, wat verhoorafwagtend is op aanklagte van binnehandel, is in aanhouding by die Tora-gevangenis – dieselfde gevangenis waarheen Mubarak ná sy vonnisoplegging geneem
Mubarak se vrou, Suzanne, en sy twee skoondogters het Sondag spesiale toestemming gekry om hom te besoek nadat gerugte dat hy in die tronk gesterf het die ronde gedoen het.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- AFP