Honderde dokters in Kenia staak
2011-12-07 17:25
Nairobi – Honderde dokters in Kenia neem deel aan ‘n protesoptog in die hoofstad om meer medisyne en toerusting, sowel as groter salarisse te eis.
Die dokters het Woensdag die optog in Nairobi gehou. Dit is die derde dag van ‘n landwye staking wat honderde pasiënte sonder ‘n ander heenkome by staatshospitale laat.
Dennis Miskellah, ‘n dokter wat aan die optog deelneem, het gesê hy moes op sy eerste dag by Kenia se grootste hospitaal in Nairobi ‘n baba vang sonder handskoene, omdat daar nie voorraad was nie.
– Volg Nuus24 op Twitter.
- Sapa - AFP