Hello 

Skep Profiel

n Profiel sal jou in staat stel om foto's en stories te laai wat op Nuus24 gepubliseer kan word.


Verskaf asseblief 'n gebruikersnaam vir jou profielblad:

Die gebruikersnaam moet uniek wees, kan nie verander word nie en sal oor die hele 24.com-netwerk gebruik word in die skakel na jou profielblad.

Facebook-intekenproses

Goeie dag, nuusfoendi,

Sluit by die Nuus24-gemeenskap aan en help om die nuus te deel.

Teken met Facebook in om kommentaar te lewer en om persoonlike verstellings te doen.

 
 

Honde-smokkelnetwerk in Namibië oopgevlek

2012-08-24 13:49
Tweets Share Share line Print

Windhoek – Interpol in Suid-Afrika het bekend gemaak dat hy saam met Namibië en Angola werk om die beweerde smokkelnet van honde stop te sit.

Twee Angolese mans is al in Angola in hegtenis geneem by Oshikango in verband met die smokkelary van sowat 15 honde. Interpol is ook opsoek na nog mans vroeër met 10 honde deur die grens geglip het, het die Republikein berig.

Adj.komm Abner Agas, koördineerder van misdaadondersoeke in die Ohangwenastreek, het bevestig dat twee mans in hegtenis geneem is, terwyl nog vermeende smokkelaars se name aan die polisie bekend is.

Kapt. Dennis Adriao, nasionale woordvoerder van Interpol in Suid- Afrika, het by navraag gesê drie lande is reeds by die ondersoek betrek.

“’n Grootskaalse ondersoek is aan die gang. Interpol in Suid-Afrika werk met Namibië en Angola saam om die beweerde smokkelary met gesteelde honde te ondersoek.”

Van die honde is glo in Kaapstad gesteel.

Altesaam drie voertuie wat met honde volgelaai was het sedert die naweek al die grens na Angola probeer oorsteek. Die honde is glo in Suid-Afrika en Namibië gesteel.

‘n Jeep Cherokke wat tien honde met ‘n sleepwa vervoer het, het die polisie ontglip en is glo op pad na Luanda.

Twee ander voertuie, ‘n Bantam- en ‘n Corsa-bakkie, is in Angola gekonfiskeer. Die Bantam het glo eers CA-registrasienommers opgehad, maar is later met CY-registrasienommers vervang.

Intussen word dié 15 vermaerde honde deur ‘n gesin van Oshikango omgesien. Daar is ook bevestig dat verskeie besighede al kos vir die honde geskenk het.

Volgens Margherita Visser, wat saam haar twee dogter en ‘n vriend van die gesin, na die honde omsien is sy ten aanskoue van grensbeamptes teen ‘n muur vasgedruk deur ‘n Angolese burger wat beweer het hy is die wettige eienaar van die honde.

“Toe ek een van die mans in aanhouding vra hoekom hy met die honde smokkel, het hy gesê hy doen dit vir die geld.”

Volgens Visser word die honde vir R40 000 en meer in Angola verkoop.

Die Suid-Afrikaanse polisie by Vioolsdrif het einde verlede jaar vier Angolese mans in hegtenis geneem wat met ’n toe sleepwaentjie vol honde van Kaapstad deur Namibië na Angola onderweg was. Twintig honde is gekonfiskeer.

Lees hier meer

– Volg Nuus24 op Twitter  
 

Lees meer oor: angola  |  namibië  |  honde  |  diefstal
VOLGENDE OP NUUS24X

Read Health24’s Comments Policy

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24


140
1
1 van 10
 
Verkeer
Lotto
 
  • Tuesday Bramley - 16:39 PM
    Road name: Corlett Drive
    TRAFFIC LIGHTS not working at High Road - POINTSMEN on duty
  • Tuesday Pretoria - 16:38 PM
    Road name: Atterbury Road
    Traffic lights not working between Menlyn Park and Solomon Mahlangu Drive due to power supply problems - expect heavy delays
 
Nog verkeersverslae...
 

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Southern Sun - Maputo

Spend 3 nights and pay for 2 at Southern Sun - Maputo for only R4 621 per person sharing. Includes accommodation, return flights, airport taxes and airport transfers.Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Witwarm en eksklusiewe Coby 7" WiFi-tabletrekenaar – slegs R1299.95

Moenie hierdie witwarm winskopie van die week misloop nie. Bespaar R300 op die Coby 7”-tabletrekenaar! Word binne 24 uur versend + gratis afgelewer. Solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Tot 20% afslag op voorafbestellings vir supergewilde speletjies!

Maak gebruik van hierdie witwarm aanbod! Bespaar tot 20% op supergewilde speletjies soos Grand Theft Auto 5, Fifa 14, Grid 2, Battlefield 4 en nog meer as jy dit nou bestel. Plaas jou voorafbestelling nou!

20% afslag op die jongste musiekuitreikings

Kry 20% afslag op nuwe musiekuitreikings, ingesluit To Be Loved van Michael Bublé, Now 63, The 20/20 Experience van Justin Timberlake en nog veel meer. Aanbod geldig solank voorraad beskikbaar is. Koop nou!

Robo Fish – die troeteldier wat jy moet hê

Robo Fish is die nuutste witwarm speelding! Dit is ongelooflik hoe dit aanskakel sodra dit onderwater is en begin swem. Kry joune nou en kyk hoe jou vis lewendig word. So lewensgetrou die kat sal nie eens die verskil kan sien nie. Plaas jou voorafbestelling nou!

Sylvia Day’s Entwined with You - beskikbaar 31 Mei 2013

Gideon en Eva se storie word voortgesit in die kragtige sensuele derde roman van die internasionale Crossfire-trefferreeks. Plaas jou voorafbestelling nou!

Disney-versameling beskikbaar op DVD - 2 vir R99

Is jou kinders gek oor Disney? Hierdie is die aanbod net vir jou – kies enige 2 van jou gunstelingtitels vir net R99. Koop nou!

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

 
 
Daar is vars stories op ons tuisblad. Klik hier om hulle te lees.