Hof vonnis gay paartjie in Maart
2010-02-19 20:30
Blantyre – ‘n Gay paartjie wat op ‘n aanklagte van onsedelikheid tronk toe gestuur is omdat hulle Malawi se eerste homoseksuele troue gehad het, word in Maart gevonnis.
Die hof sal op 22 Maart die vonnis uitspreek.
Die paartjie, Tiwonge Chimbalanga en Steven Monjeza, het nie borgtog gekry toe hulle verlede maand in die hof verskyn het nie.
Hulle kan ‘n maksimum van 14 jaar se tronkstraf kry in die hoogs konserwatiewe Malawi wat homoseksualiteit verbied.
- Sapa-AFP