Herrie oor gholfbaan in Uganda

2010-11-23 03:50
Tweets Share Share line Print

Kampala - Omgewingskativiste in Uganda het Maandag laat weet hulle gaan 'n projek om 'n gholfbaan in die land se bekendste park te bou, teenstaan.

Hierdie gholfbaan-projek het egter die ondersteuning van die land se president Yoweri Museveni. Hy het opdrag gegee aan die Uganda Natuurowerhede (UWA) om toe te laat dat die Madhvani-groep die baan bou binne die Murchison-valle Nasionale Park.

"Ons sal doen wat ook al nodig is - al beteken dit regstappe. Ons sál die ontwikkeling keer," het Frank Muramuzi, hoof van Uganda se Vereniging van Professionele Omgewingsaktiviste (NAPE) aan AFP gesê.

Luidens 'n verslag wat op 17 November uit die president se kantoor gestuur is, het Museveni gesê "daar is niks fout met 'n gholfbaan nie.

"Gholf besoedel nie. Dis nie 'n fabriek wat gasse vrylaat nie, dis net gras. Hierdie moet uitgesorteer word. Sê vir die UWA ek wil dit uitgevoer hê," het die president oor die projek laat weet.

Volgens die Madhvani-groep se webblad, strek hul belange in Uganda oor die R1,4 miljard, waaronder 'n paar lodges tel.

Muramuzi is van mening die gholfbaan sal 'n negatiewe impak hê op diere se wievelde.

Hy meen ook dat, indien die projek voortgaan, dit 'n bewys is dat Uganda se natuur-owerhede magteloos is teen die regering.

"Hierdie is 'n land met wette. Om iets soos hierdie te doen, benodig jy 'n omgewingsimpakstudie. Hier is dit nog nie die geval nie," aldus Muramuzi.

Volg Nuus24 op Twitter.


Lees meer oor: natuurbewaring

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters

binne nuus24

Weer
Verkeer
Lotto
Ksd: 13-20°C Sunny. Mild. Pta: 6-20°C Sunny. Cool.
Jhb: 3-17°C Sunny. Cool. Bfn: 3-20°C Sunny. Cool.
Dbn: 15-26°C Sunny. Mild. PE: 16-24°C Sunny. Mild.
7-dag-voorspelling...

Betrekkinge - Vind jou droomwerk

Motors - Soek deur duisende nuwe en gebruikte motors

FORD

Focus 1.6 Ambiente MY05
2007
R 129,995.00

BMW

X5 3.0d Dsl AT 4x4
2005
R 365,995.00

PEUGEOT

406 ST 2.0
2007
R 279,990.00

Eiendomme - Vind 'n nuwe huis

Reis - Besoek, Bespreek, Laat Waai!

Chobe Marina Lodge

Spend 2 nights on the banks of the banks of the Chobe river at Chobe Marina Lodge from R6717 per person sharing. Includes return flights, taxes, transfers and accommodation. Book now!

Kalahari.com - doen vandag jou inkopies aanlyn

Diablo 3 nou beskikbaar

Die langverwagte Diablo 3 is nou beskikbaar vir R449,95. Koop dit nou.

Wintertreffers

Nuwe reekse pas ontvang. Verdryf die winterkoue met Downtown Abbey, One Tree Hill & nog veel meer. Koop dit nou.

Nuwe musiek-DVD’s

Kyk na al jou gunstelingmusiek op DVD. Koop dit nou.

The Sins of the Father

Bestel jou kopie van die #1 topverkoperskrywer Jeffrey Archer. Nou slegs R186,95. Koop dit nou.

Avengers nou beskikbaar

Marvel Avengers-aksiekarakters nou beskikbaar vanaf R189,95. Koop dit nou.

Fifty Shades Trilogie

deur E.L. James

Romanties, bevrydend en totaal verslawend, die Fifty Shades Trilogie sal jou vermaak, verslaaf en vir altyd by bly. Koop nou.

Besoek www.kalahari.com vir miljoene boeke, musiek, DVD's, games & meer!

'n Aanlyn-gemeenskap waar jy mense kan ontmoet, foto’s en video’s kan oplaai en veel meer...
Daar is vars stories op ons tuisblad. Kliek hier om hulle te lees.