Harde ontploffings ruk Tripoli
2011-06-17 23:03
Tripoli – Twee harde ontploffings het Libië se hoofstad Tripoli Vrydagmiddag geruk ná vroeëre ontploffings wat in die verte gehoor kon word, het ‘n joernalis van AFP gesê.
Tripoli is opnuut deur Navo-oorlogsvliegtuie geteiken wat sedert Donderdag konstant oor die hoofstad gevlieg het.
Die vliegtuie het Donderdag ‘n leë hotel, The Wenzrik, wat in die middestad en naby administrasiegeboue en die staatsuitsaaier geleë was, vernietig.
Khaled Kaaim, die Libiese adjunk-minister van buitelandse sake, het die “barbaarse en vooraf beplande aanval deur Navo op burgerlikes” veroordeel.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AFP