Handwa$ werk, maar moenie droog$koonmaak
2010-07-07 07:47
Harare. – 45 minute en George Washington is skoon. Dís geldwassery, Zimbabwe-styl.
Amerikaanse banknote met min waarde verwissel so dikwels van hande hier in Afrika dat dit naderhand uitmekaar val en dit word gereeld in skoene en onderklere deur misdaadgeteisterde krotbuurtes gedra.
Só het van die note te onwelriekend geraak om langer te hanteer. Dit word dus saam met klere en beddegoed in die wasmasjien gesit en opgehang om droog te word.
Benewens rubberhandskoene en ontsmettingslappies is dit? die beste oplossing in ’n land waar die Amerikaanse dollar al lank die voorkeurgeldeenheid is en waar Amerikaanse dollars baie langer moet hou as wat die Amerikaanse federale reserwebank bedoel het.
Zimbabwe se koalisieregering het verlede jaar die Amerikaanse dollar tot wettige betaalmiddel verklaar om die inflasiekoers van miljarde persent te probeer verbeter.
Die Amerikaanse federale reserwebank vernietig jaarliks sowat 7 kiloton uitgediende banknote. Volgens dié bank sirkuleer die gemiddelde $1-noot sowat 20 maande lank in die VSA, terwyl dit jare lank in Afrika van hande verwissel.
Banknote met groter waarde wat deur banke en formele in- en uitvoerhandel die vasteland binnekom, word nie so vuil nie, maar tussen die armes van Afrika is die $1-, $2-, $5- en $10-note die gesogste en vuil $1-note kan vir ’n byna onbepaalde tyd tussen plattelandse markte, bushaltes en biersale sirkuleer, of totdat hulle uiteindelik disintegreer.
Die meeste banke en ondernemings in Zimbabwe aanvaar egter nie geskeurde, verskroeide, geskende, erg vuil, banknote wat met kleefband vasgeplak is of andersins beskadigde banknote nie.
Daarom sê gewone Zimbabwiërs dat ’n sagte handwas in warm water die beste werk, maar by ’n wassery en droogskoonmaker in die ooste van Harare rig die wasmasjien se siklus nie veel skade aan die katoengeweefde papier nie.
Inwoners sê droogskoonmaak word nie aanbeveel nie, want dit verdof die groen kleur.
Volg Nuus24 op Twitter
- Sapa - AP